ONSkaroo_logoBIT

DIE SKOONHEID, DIE STORIES,

DIE STILTE EN DIE MUSIEK.

DIE KAROO IS ONS HARTLAND

Ek is verknog aan die Karoo.

Só lui die eerste woorde van Deon Meyer en Coenie de Villiers se verhoogproduksie die Karoo Suite, ’n sentiment waarby baie aanklank vind. Maar waarom gryp hierdie oerlandskap mense se verbeelding aan? Waarom word hulle ontroer deur die barre vlaktes wat tot aan die horison strek?

Miskien is dit die eerlikheid van hierdie gestroopte wêreld, of dalk die stilte wat so omvattend oor die landskap lê. Miskien is dit die sterrehemel wat onmoontlik helder bo die donker landskap flonker, of dalk die gasvryheid van die mense wat hier woon. Miskien al hierdie dinge, of eenvoudig dit wat woon in die hart van elkeen wat die Karoo ken en liefhet.

karooSuite1-boek mockup

KAROOSUITE

DIE PROJEK

Die wêreldberoemde skrywer Deon Meyer en bekroonde musikant Coenie de Villiers is nie net bekend vir hul kreatiewe werk nie, maar ook vir hul verbintenis met die Karoo. Albei het ’n holte vir die voet in die Karoo: Deon in die Groot-Karoo en Coenie in die Klein-Karoo. Hul verhoogproduksies – Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte – is liefdesbriewe aan die Karoo.

Die musiek en verhale belig en besing die landskap en sy mense. Die vertonings gaan gepaard met twee versamelboeke wat rug aan rug saam met die vertonings verskyn. Kom verken die Karoo deur die lens van Deon Meyer en Coenie de Villiers en word deel van die ervaring deur te lees, te luister en te geniet!

Plantspesies

Akkedissoorte

Deursnee van ons
melkweg in ligjare

Sterre wat die blote
oog kan sien

ONS KAROO-VENNOTE

SÓ BESING ONS DIE KAROO

Deon Meyer

“Ons sê dankie vir die lekker, en dankie vir die seer,
Ons is bly oor die oorvloed én die hongersnood, meneer,
Want stofnat of stortreën, dis maar wat ons glo:
Alles is Genade in onse Karoo.”

Coenie de Villiers

“Ruik jy katbos en kambro
as dit reën in die Klein-Karoo
My hantamwind
My optelkind
vanaand...”

KONTAK ONS

Wees gerus – alle inligting is vertroulik.