PRODUKTE

BESTEL HIER DIE NUWE BOEK, ONS KAROO

Deon en Coenie se ONS KAROO is slegs aanlyn beskikbaar en sal vir eers nie in winkels beskikbaar wees nie.

Deon Meyer en Coenie de Villiers se nuwe boek, ONS KAROO, is ’n opvolgpublikasie ná die groot sukses wat hul eerste Karoo-boek behaal het. Die nuwe uitgawe het meer om die lyf, en is ook beskikbaar as ’n luukse versamelaarsitem.

ONS KAROO boek standaard uitgawe
  • Standaard-uitgawe: R385 (posgeld uitgesluit, self afhaal van Johannesburg)
  • Standaard-uitgawe: R450 (posgeld ingesluit)

Deon Meyer en Coenie de Villiers se nuwe boek ONS KAROO is ‘n voortsetting van die sukses wat hulle met hulle eerste Karoo-boek bereik het.   Sien elders op die webwerf wat hulle in die Karoo-gemeenskap kon terugploeg om die jeug te help.  Die nuwe boek het meer om die lyf en is gedruk in ‘n gerieflike formaat wat dit maklik maak om dit saam op reis te neem.  “Ons hoop dis ‘n boek vir die hele gesin met iets vir almal,” sê Deon en Coenie.  “Die vier afdelings – Hemel, Aarde, Hart en Siel – prikkel al die sintuie.  Daar is lekker resepte, keur-inligting oor die sterrenag, waardevolle inligting oor die Karoo as landskap – dan natuurlik die stories en die fotografie!”

 

Deon Meyer se 14 verhale uit die twee Karoo Suite-produksies word volledig vir jou leesgenot in die boek vervat.

Daar is die wêreldklas-fotografie deur Sarel van Staden en Maryna Cotton, die fotograwe wat die voorblad vir die internasionale naghemel-uitgawe van die National Geographic-tydskrif geskiet het.

Daar is ’n praghoofstuk wat die sterrehemel van die Karoo besing en ontsluit, met skakels na aktiewe webwerwe vir diegene met sterre in hul oë. Die skrywer is die bekende sterrekundige prof. Matie Hoffman, onder meer bekend vir sy aandeel aan die radioprogram Sterre en planete.

Prof. Johann Kirsten – bekende akademikus, die “pa” van Karoo-lam en Karoo-boer – skryf met passie oor die Karoo en sy mense: die broosheid van die ekosisteem, die eerlikheid van die landskap, die wye skoonheid van die lug. Prof. Bruce Rubidge, wêreldbekende paleontoloog, dra tot hierdie hoofstuk by met sy insig oor die oergeskiedenis van die landstreek.

Daar is ’n terugblik op die insette wat die vorige boek in die lewens van Karoo-kinders kon meebring. Zahn Hulme van die Atterbury-trust vertel hoe die verhoogproduksie en meegaande boek lewens verander het.

En dan – sommer vir die lekker – het elke medewerker aan die boek hul gunsteling-Karoo-resep bygedra. Daar is uithalerresepte met Karoo-lam en volstruis, keurige bykosse en ’n melktert- en boerbeskuitresep so outentiek soos die vlaktes. Die verrassing is dat die internasionale uithalerkok Jan Hendrik van der Westhuizen (die enigste Suid-Afrikaner wat nog ’n Michelin-ster kon losslaan) ook sy resepte vir skaapstertjies en mieliepapvingers bydra.

Neem die Karoo saam huis toe met Deon Meyer en Coenie de Villiers se boek ONS KAROO. Dis boonop die ideale geskenk!

BESTEL HIER DIE DELUXE-UITGAWE

Hierdie prag-uitgawe word in samewerking met die Atterbury-trust uitgereik. Die opbrengs van hierdie beperkte oplaag word nogmaals geskenk om jong mense in die Karoo by te staan om hul potensiaal te bereik. Elke boek is genommer en geteken deur Deon Meyer en Coenie de Villiers. Vir slegs R1 000 (koerierkostes van R100 opsioneel) kan jy ’n stukkie van die Karoo koop – dit sluit die boek plus toegang tot albei vertonings in.

 

Hierdie spesiale uitgawe van slegs 500 boeke is toegedraai in pasklaar-ontwerpte papier wat die sterrenag bo die Karoo weerspieël, ingebind in ’n luukse omhulsel en met ’n spesiale verrassing binne: elke uitgawe van die boek kom met ’n unieke kode wat die leser in staat stel om albei Karoo Suite-vertonings af te laai en tuis te geniet. Jy kan een van hierdie De Luxe-uitgawe versamelitems bestel deur hier te klik.

 

Hou gerus hierdie blad dop vir meer inligting oor ander Karoo-versamelitems wat beplan word – van ons fotograwe se uitnemende kunsfoto’s tot luukse bedrukte Karoo-geskenke.

KONTAK ONS

Wees gerus – alle inligting is vertroulik.