VERTONINGS

Deon Meyer is die verteller van sy eie verhale op die verhoog. Coenie de Villiers het die musiek geskep wat die verteller ondersteun.

Die vertonings word sterk ondersteun deur ’n oudiovisuele aanbieding; vir die eerste Karoo Suite het Deon Meyer ook die pragtige Karoo-fotografie verskaf.

show-pic2

Flits oor Karoo Suite 1

Flits oor Karoo Suite 2

Video-uittreksel: KWêLA/kykNET

show-pic3

Foto: Nanette Evenhuis – Toyota US Woordfees

Ná die sukses van die eerste verhoogproduksie was gehore honger vir ’n opvolg-skepping uit dié twee meesters se verbeelding. Deon het jare gelede ’n boek bekend gestel met die naam van Karoonag en Coenie se gelyknamige lied het oor die afgelope dekades volksbesit geword.

Dit was die inspirasie vir hul nuutskepping met nagstories oor die Karoo. Die oudiovisuele materiaal vir die vertoning is verskaf deur NASA, die National Geographic-span en die animasiekunstenaar Diek Grobler. Hierdie opvolgproduksie, Karoo Suite 2: Karoonagte, het aan die begin van 2020 by die Woordfees in Stellenbosch gedebuteer.

Die debuutvertonings van Karoo Suite 2: Karoonagte het vir die res van die jaar uitverkoop voordat die Covid-19-pandemie toegeslaan het. Dit het Deon en Coenie gedwing om alle vertonings voorlopig te kanselleer.

Hulle het egter besluit om voort te gaan met die skep en publikasie van ’n tweede Karoo-boek, een wat selfs fyner na die Karoo sou kyk. Klik hier vir meer oor die boek.

Hou hierdie spasie dop vir opwindende nuus oor nuwe vertonings en die skakels vir die aflaai van die digitale verhoogproduksies.

show-pic4

Foto: Nanette Evenhuis – Toyota US Woordfees

KONTAK ONS

Wees gerus – alle inligting is vertroulik.